Gedagte vir die dag: Glo jy nog dat God ’n droom het vir jou lewe?

koring_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het. (Johannes 10:10, NLV)  

Vra jou vandag af:

  • Glo jy in die lewe ná die dood?
  • Glo jy ook in die lewe vóór die dood?

Onthou: Dis lewe vóór die dood wat God verheerlik! My en jou lewe vertel ’n storie. En ons speel ’n groot rol in hoe ons lewenstorie gaan klink:

  • Gaan jou lewenstorie een wees van verwyt en ongelukkigheid oor alles wat verkeerd gegaan het?
  • Of gaan jou lewenstorie een wees van hoop en verwagting; van God se genade wat groter is as jou pyn?
  • Gaan jou lewenstorie vertel hoe die foute wat jy gemaak het en die slegte dinge wat gebeur het, jou lewe gerig het?
  • Of gaan jou lewenstorie een wees wat vertel hoe jy opgestaan het omdat jy deur God se genade besef het dat jy baie meer potensiaal het as wat die dinge wat verkeerd gegaan het, probeer voorgee?

As ek ’n spieël voor jou kon hou, het ek nou vir jou gevra om diep in jou eie oë in te kyk en vir my te sê of daar nog tekens is dat jy glo God het ’n plan vir jou lewe en dat sy droom vir jou vir jou léwe in oorvloed inhou.

Dalk het jy al deur baie teleurstellings gewerk en wil jy vir my sê: “Dis maklik vir jou om te praat. Jy weet nie waardeur ek is nie.” Jy’s reg – ek weet nie, maar ek weet dat die Here ’n groot droom vir jou lewe het.

Here, ek bely dat gebeure, omstandighede en mense my van ’n oorvloedlewe beroof het. Help my asseblief om opnuut te ontdek hoe ek in léwe en oorvloed kan funksioneer. Amen.

Bron: Vroue van die Woord deur Jannie Pelser
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize ·

Kan net dankbaar wees elke dag ja probleme is baie regtig maar God hou se hand van genade oor ons dis moeilik baie moeilik maar God het n plan kan net dankie se.

Von ·

Here Jesus U het die grootste se oor my lewe ek eer U dankie in U hand is ek veilig.Amen

kraai ·

Stem saam met Von en Elize. Ons moet in geloof vasstaan dat God slaap nie.

Quentin Xavier Viljoen ·

Ek’s bevrees ek gaan moet bieg dat die lewensomstandighede en slegte ervaringe my negatief laat lewe het. Ek is egter oortuig dat God se genade, en die wilskrag wat Hy my gegee het, my toegelaat het om alles te oorleef en te oorkom. Nee, ek sien nog nie die droom wat Hy vir my lewe het nie, maar ek soek!

Amanda ·

Ek het dit so nodig gehad…Dankie Heer. Quentin jou eerlikheid en egtheid raak my diep. Jy het my laat voel ek is nie alleen nie. Mag God jou seën.

Was gewees ·

Nou en dan flikker my droom nog op, dan besef ek daar is dinge soos realiteit. toe ek 30 jaar oud was, en daarna was ek bang ek gaan dood, vandag wens ek ek het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.