Gedagte vir die dag: Glo jy nou?

uitgestrekte_hand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom. (Josua 21:45)

God het die land Kanaän aan sy volk belowe en dit vir hulle gegee. Hy het hulle gehelp om hul vyande te verslaan en die land skoon te maak. Elke stam het sy eie woongebied gekry. Die Leviete is in stede dwarsoor die land geplaas, ook in asielstede waar diegene wat per ongeluk iemand doodge­maak het, kon gaan skuil. Die Leviete was die priesters van daardie tyd. Hulle het gesorg dat God se wette wat Hy deur Moses aan die volk gegee het, nagekom word.

Maar God het sy volk ook gesuiwer. Hy het hulle 40 jaar in die woestyn laat rondtrek. Die ongehoorsame geslag wat die goue kalf aanbid het, was al­mal dood teen die tyd dat hulle die beloofde land kon erf. ’n Jong geslag met die vurige Josua as leier kon toe van voor af begin en hulle het God gedien.

God lei jou soms ook deur ’n woestyn voordat jy kan deel in sy erfenis. Jy kry swaar, jy worstel met God, maar jy het nodig om na die boodskap te luister voor jy dit kan aanvaar. Sommige van ons verstaan van kleins af ons roeping, ander moet tot die werklikheid geskok word. Maar God forseer nie­mand. Hy het ons almal uitverkies en Hy wil niemand meer in die woestyn agterlaat nie, allermins vir jou.

Dankie, liewe Vader, vir u beloftes en u waarheid. Satan kom met mooi storietjies. Hy maak of hy goed is, maar hy is nie. Uself noem hom die vader van die leuen. Dankie dat U ons in Jesus teen sy bose leuens beskerm en ons uit sy kloue gered het. Hoe kan ons nog aan u liefde twyfel?

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Amen . Dus baie waar. Dankie vir Jesus wat vir ons almal kom leer om die op en af in die gesig te staar, daardeur in hierdie tye en tyd weet ek dat alles gaan tot einde kom. Ons weet dat ons weet. Waarheid sal ons ken en ook vrymaak. Praise God.

Petrus Fasen ·

Van my kant af sal ek se baie dankie vir die goeie werk wat julle doen . Dit is een van die beste websites wat ek seker ken. Baie dankie ook aan elke oggend se epos wat ek ontvang van julle vir elke Christelike boodskap. Baie dankie en dis lekker om te sien dat daar mense is soos julle wat die Woord verkondig.
Baie dankie
Petrus Fasen.
Vanaf die : Kom ons dien God saam Ministries

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.