Gedagte vir die dag:  Glo soos ’n kind   

Paternoster_vissers_boot_see_strand_Sune.jpg

Foto: Suné van Heerden

Hier is ’n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense? (Joh 6:9)

Hulle vertel dat George Müller dikwels met aandete die tafel gebed gedoen het en dan het hulle hulle laaste maaltyd geniet. Die kinders het dit geweet. Daar was nie meer kos oor vir ontbyt nie. Hulle het die skottelgoed gewas, die tafels afgedek en gaan slaap. Die volgende oggend het George gesê: “Dek die tafels vir ontbyt, kinders. Jesus sal die kos bring.” Hulle het dan maar die tafels gedek en George het die gebed gedoen. “Maak ons dankbaar vir wat ons nou gaan ontvang, Here. Amen.”

Net mooi wanneer hy “amen” gesê het, sou daar ’n klop aan die deur wees. George sou een van die kinders stuur: “Gaan maak oop die deur, my seun.” Daar sou ’n verleë bakker staan, wat in die middel van die nag deur die Heilige Gees wakker gemaak en oortuig is om brood vir die kinderhuis te bak.

Voordat hulle nog die brood kon eet, was daar weer ’n klop aan die deur. Weer sou ’n kind gaan kyk wie klop. Daar sou ’n ontstelde melkman staan. Hy het by die kinderhuis verbygery toe die as van sy waentjie breek. Op die waentjie was kaas, bot ter, room en melk. “Kan julle dit dalk gebruik?” George sou sê: “Ja, ons kan. Mag God jou seën.”

Kan jy jou voorstel watter magtige manne en vroue van God hierdie kinders geword het? Hulle het geglo in die God wat gebede beantwoord en vir sy kinders sorg.

Here Jesus, gee vir my die geloof van ’n kind. Dankie dat ek met my hele hart kan glo dat U in my daaglike brood sal voorsien. Ek loof U as die God wat ons gebede beantwoord.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Mark ·

My oom het dit gedoen destyds op Beaufort-Wes, tafel gedek en gebid, daar was niks in sy huis. Die volgende oomblik klop ‘n plaasboer aan die deur en bring vir hom ‘n hele lam. God lewe vir hulle wat glo.

We serve a great and wonderful God ·

Hemelse Vader. Skenk aan ons die gawe van kennis, wysheid, helderheid van verstand, kalmte van gees asook die vermoe om U blindelings te glo en te vertrou. Maak die sluise van die Hemel oor ons oop en seën ons met U gawes en beloftes. Ons loof, eer en prys U grote naam. Amen

Agie ·

Amen
Ek is dankbaar vir al die gawes wat ek oortuig is dat dit genade is

Tobie ·

Wat n wonderlike getuie van geloof. Here vergewe my dat ek nie so glo nie.

Maria ·

Woooow! besef is ons GELOOF so sterk genoeg soos bybel verhale Abram,Daniel,Petrus ens en verhale soos hierdie net om te GLO! niks het verander nie kom gaan deur die toets glo my dit werk! ! Amen dankie vir dag stukkie

GG ·

My man het gebid om iemand na ons huis te stuur vir kos. Ons het nog nie eens reg begin eet nie, toe is daar ‘n geroep . Terwyl my man uitgaan, het ek aangehou eet, maar in my hart het ek begin beplan wat ek moet gee. Nadat die persoon weg is, het ek en my man met trane gesit en lag vir die Here wat ons dien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.