Gedagte vir die dag: God bepaal ons pad

Oerwoudpad-Louis-du-Plessis.jpgDie Here bepaal ’n mens se koers; hoe sal ’n mens weet waarheen hy moet gaan? (Spreuke 20:24)

Makelaars voorspel die opwaartse of dalende neigings van die wêreldekonomie. Hulle sal vir jou met syfers en berekeninge uitwerk wat moontlik met jou klein belegging gaan gebeur, maar kan nie ’n onverwagte insinking voorsien of keer nie. Jou dokter verklaar jou gesond ná jou jaarlikse ondersoek, maar hy kan nie waarborg dat ’n mediese ramp of ’n langdurige siekte jou nie skielik gaan plattrek nie.

Die toekoms is nie in ons hande nie. Geluk lê dalk net om die draai, maar dit sal jy ook nie weet nie. Die ryk dwaas het sy skure volgemaak, alles ver­loor en in armoede gesterf.

Moenie na strooihalms gryp as jy finansieel in die moeilikheid beland nie. Bly weg van geldskieters en dobbelhuise. Die Nasionale Lotery is nie jou oplossing nie. Werk en bid.

Raadpleeg God oor al jou besluite. Gee jou toekoms oor aan Hom. Ver­trou op Hom, behou jou geloof, want Hy is in beheer.

Job het in sy grootste ellende uitgeroep: ‘Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud. Ek volg Hom waar Hy gaan, ek hou op my pad en draai nie af nie’ (Job 23:10).

Ons weet dat Job in ere herstel is en dat hy sy oudag rustig, finansieel goed versorg en in goeie gesondheid kon afsluit. Hy het dit nie presies so verwag nie, maar in geloof op God bly reken.

Here, dis u liefde wat ons enduit sal dra. Help ons om nie ons vertroue in geld en wêreldsgoed en selfs in ons gesondheid te stel nie, maar in u liefde.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anthonie Van Bosch ·

Ek stem saam dat God ons pad bepaal. God sal besluit of jy soos Job sal oud word of nie. Baie Christene word baie vroeer deur God weggeneem. Die lewe hierna is baie beter as die lewe op aarde. Ons moet versigtig wees vir die voorspoed preke want die Bybel se dat ons ons skatte in die hemel moet “opgaar”.

Yolanda ·

Antionette, hoe vat jy my woorde uit my mond uit, die kerke wat “prosperity” preke preek speel met vuur. Hulle wat sê ons is die kop en nie die stert nie (kom uit die Bybel, maar hulle druk dit verkeerd uit) en dat jy geseënd sal wees by jou werk, jou finansies, ens. dit skep verwarring. Ons is dissipels van Jesus en selfs Hy het nie n rusplek vir sy kop gehad nie, nou hoekom sal ons dan ryk wees. Geen een in die Bybel behalwe Salomo was ryk nie en selfs Dawid het op tye in die veld moes slaap. Jesus sê; julle gaan dit swaar hê in hierdie wêreld, maar hou goeie moed… Kerke besef nie wat hulle doen met sulke preke nie, ek weet van iemand wat nie meer glo in die Bybel en die Here nie, juis oor sulke preke. Kort na bekering, nog op melkstadium het dinge kort daarna verkeerd geloop en die kennis van die Woord was nog nie daar nie, maar die “prosperity” preke het verwarring gebring en nou is dit n verlore siel :( Hulle beter begin preek, dis hel op aarde, baie slegte goed kan gebeur, maar maak jou skatte in die hemel bymekaar en die Here sal jou dra deur elke situasie, Hy gee krag.

Stem saam ·

Daar is kerkmense wat tot hulle kasregisters laat seën. :(

neelsie ·

Elke mens is uniek en belangrik vir God-drie enig.
Jeremia vertel ons van hoop in Klaagliedere 3.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.