Gedagte vir die dag: God bly genadig

Gedagte-van-die-dag-BergeHiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. (Rom 8:38-39)

As jy vandag sê “ek weet hoe dit voel om deur die deur te stap van ’n donker begeerte”, is ek bly. Hoekom is ek bly? Want ek kan nou vir jou sê die genade en liefde van Jesus Christus kan die plek waar jy jou tans bevind, bereik. Niks is in elk geval vir Hom verborge nie, jy moet net met jou sonde na Hom toe gaan en dit voor Hom lê.

Ons is almal sondaars, maar ek wil jou nou weer verseker: Niks kan jou skei van God se liefde nie, niks kan jou skei van sy genade nie. Hy kan jou uit enige situasie ruk waarin jy nie moet wees nie. Hy sal saam met jou werk, en as jy opregte berou toon, sal Hy jou sy vergifnis skenk en jou lewe red. Hy wil vandag restoureer, Hy wil mense heelmaak, Hy wil hulle gesond maak en uit die kloue van donker begeertes red. 

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.