ToekomsVenster: God bring gemoedsrus

Rus-en-vrede-deur-Reint-Dykema

Foto: Reint Dykema.

Riviere het gedruis, Here, riviere het gedruis, riviere het gedreun, maar hoog bo die geraas van baie waters, hoog bo die golwe van die see, troon die Here in sy koninklike mag. – Psalm 93:3-4

Simboliese taal het die wonderlike vermoë om ons iets van die intensiteit van ʼn situasie te laat beleef. Sommige van ons het al by geleentheid by die stroomversnelling in ʼn rivier gestaan. Waar water normaalweg gerusstellend inwerk op ʼn mens, kan skommelende waters jou baie onrustig stem. Die onrustige water is ʼn verwysing na die onrustigheid wat die skrywer in sy eie gemoed beleef.

Geloof in die beskerming en sorg van God bring gemoedsrus in die hart van die digter. Ongeag wat die lewe bring en inhou, God is en bly op die troon (Hy regeer) en staan nooit verleë voor die uitdagings waarmee ons gekonfronteer word nie.

Erken sy heerskappy in jou lewe, omgewing, konteks, uiteindelik ons land Suid Afrika en die wêreld. Hy sal sy doel met ons bereik.

U sal ingryp en U oor Sion ontferm, want die bestemde tyd het aangebreek, die tyd om hom genadig te wees. – Psalm 102:14

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.