Gedagte vir die dag: God by ons

God

Foto: Wattpad.com

Dit alles het gebeur om die Here se boodskap deur die profeet te laat uitkom: “Die maagd sal swanger word! Sy sal aan ’n Seun geboorte gee. En die mense sal Hom Immanuel noem.” (Hierdie naam beteken: God is by ons.) – Matteus 1:22, 23

In Matteus se weergawe van die geboorteverhaal besoek die engel ook vir Josef. Vir Josef sou Maria se swangerskap ‘n baie groot skok gewees het. Dis tog te verstane. Daarom was dit noodsaaklik dat ook hy oor die ware toedrag van sake ingelig sou word. Die engel sê vir Josef: “Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos” (Matteus 1:21, Bybel in Afrikaans 1983/1992).

Waar die engel vir Maria Jesus se koningskap beklemtoon het, lê die klem in sy gesprek met Josef op sy taak om die volk van hulle sondes te verlos. Die koms van die Seun van God kry hier dadelik ‘n geestelike betekenis.

Dan vir ons teksvers: Hulle sal Hom Immanuel noem, God by ons. Met hierdie woorde word die Ou en Nuwe Testament met mekaar verbind. Hierdie Jesus is vir seker die Messias wat deur die profete verkondig is. Maar die belangrikste: Hy is God by ons.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rhona du Plessis ·

Baie dankie vir die woord en gedagtes wat ek elke dag ontvang, sonder Jesus kan n mens nie bestaan nie, God is ons begin en einde, eerste en laaste, die. Alpha en Omega.

Dankie vir alles

Seen groete
Rhona

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.