Gedagte vir die dag: God doen steeds wonders

gesprekke-met-God

Foto: Argief

Lees: Jesaja 25:1-9

Here, U is my God! Ek wil U prys en u Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het. Wanneer dit gebeur, sal elkeen sê: Kyk daar, dit is ons God, ons het op Hom vertrou. (Jesaja 25:1, 9)

In die Jeugbylaag van Die Burger (22 April 2013) skryf ’n jong rubriekskrywer oor hedendaagse mense wat glo dat “sogenaamde” wonderwerke maar net ’n toevallige sameloop van gebeure is. Sy vertel die storie van haar vriendin wat by haar wou weet wat in Psalm 30 staan, omdat sy te bang was om te kyk. Die vriendin en drie vriende was van Struisbaai na Somerset-Wes op pad toe ’n bakkie in die aankomende baan ’n vragmotor probeer verbysteek en reguit op hulle afgepyl het. In die botsing reg van voor het haar vriend sy been gebreek en haar vriendin het ’n sny aan haar kop opgedoen. Die motor is afgeskryf, maar sy en die vierde passasier het niks oorgekom nie. Op pad huis toe het ’n goue motor die hele pad terug voor hulle gery met die nommerplaat Psalm 30 WP. Die rubriekskrywer het haar Bybel oopgeslaan, en die hoendervleis het teen haar arms opgekruip. In Psalm 30:4 staan daar: “Here, U het my gered van die doderyk, my aan die lewe gehou toe ek al op pad was na die dood toe.”

Ons is self al twee maal van die pad af gedruk deur motors wat op blinde hoogtes by vragmotors verbygejaag het. Beide kere kon Johan ons motor ongedeerd op die pad terugkry. God doen steeds wonders vir sy kinders wat op Hom vertrou.

Here, in u woordeboek bestaan daar nie ’n woord soos toeval nie. Dankie dat U u kinders bewaar. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

hettie schutte ·

Ons Vader het al ontelbare kere, nie toevallig in my lewe ingegryp

Isa Aucamp ·

Baie dankie vir mooi oordenkings. Kan skrywers nie meer gewissel word nie asb.

Helien ·

Jesus het al baie storm in my lewe stil gemaak. Hy het my nooit alleen gelos nie nie. Lief jou Jesus.

Muller ·

Dankie my Vader vir hierdie teksvers vandag, dankie dat U ons teen U aandruk en ons behoed en bewaar elke dag. Vader ek bid dat U U Hand oor elke een van ons sal hou deur die feesgety. Ek bid dat U ons almal weer veilig by ons onderskeie huise sal besorg na ‘n welverdiende ruskansie. Vader dankie dat U na ons kyk en ons bewaar elke dag al verdien ons dit nie elke dag nie. Dankie my Vader dat ons WEET U is in ons lewens ek kyk uit vir ons. Vader seen elke een wat vandag u aangesig soek. Dankie my Hemelse Vader vir al U liefde en genade, ek bid dit alles in die Naam van Onse Here Jesus Christus. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.