Gedagte vir die dag: God dra ons

rus-by-God

Foto: Tearsinabottle.wordpress.com/Royalty-Free/Corbis

Moenie bang wees nie! Moenie moedeloos word nie. Die Here jou God is by julle. Hy is ’n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel. (Sefanja 3:16-17)

Onlangs praat ek by ’n kerklike byeenkoms. Daar loop ek iemand raak wat ek lanklaas gesien het. “Die Here is goed,” vertel hy. Toe wys hy my die littekens op sy arms waar die kapers se koeël deur sy arm is. “Een is ook deur my lyf sonder dat ek enige ernstige skade opgedoen het.”

Toe dink ek uit die bloute aan party mense daar in Australië waar ek jaarliks klasgee wat vir my sê dis juis oor hierdie dinge dat hulle geëmigreer het. Ek respekteer hulle keuses. Die Here gebruik hulle mooi in Aussie-land.

Tog onthou ek elke keer die eintlike vraag voor navolgers van Jesus se deur is nie ons eie veiligheid nie, maar God se wil met ons lewe. Ons eerste vraag is die eer van ons Heer, nie ons eie gerief nie. Dan eers sien ons die Here se hand, of dit nou hier tussen die kapers is, of doer “down-under”.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

neelsie ·

Op grond van God se duisende beloftes kan ons na Hom gaan met alles.
Doen dit onder leiding van die Heilige Gees en binne Sy wil(Die Bybel)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.