Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra. (Psalm 126:5-6)
God belowe vir sy kinders blydskap ná hartseer. Ná die hartseer van die ballingskap kon God se volk vol vreugde terugkeer na hulle eie land omdat God dit vir hulle moontlik gemaak het. Dié mense wat nou met trane saai, kan met vertroue uitsien na dié dag wanneer hulle die oes met blydskap sal insamel.
God kan jou omstandighede verander. Hy gee altyd blydskap ná hartseer. Hy wil vandag jou hartseer in uitbundige oestydvreugde verander.
Dit is nutteloos om vir God te vra vir ’n gelukkige lewe solank ons weier om onsself aan Hom oor te gee. ~ CS Lewis
Neem my lewe laat dit Heer U gewy wees meer en meer……..Amen
Amen.