Gedagte vir die dag: God gee vir jou lig

voetpad_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wie in die donker loop en geen lig sien nie, moet op die Here vertrou, moet op sy God steun. (Jesaja  50:10)

Daar kom donker tye in elke mens se lewe. In daardie donkerte wil God vir sy kinders ’n lig wees; Hy wil sy hulp aanbied in krisistye. Ons moet Hom net op sy woord neem en op Hom vertrou. Hy is altyd by ons as dit moeilik gaan. En uiteindelik sal Hy alles vir ons ten goede laat uitwerk.

God gee vir jou lig waar jy geen lig kan sien nie. Hy gee uitkoms al lyk sake vir jou duister.

Geen nag kan só donker wees dat die Môrester se lig uitgedoof word nie. Hierdie Lig skyn juis die helderste wanneer dit pikdonker is. ~ Anoniem

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.