Gedagte vir die dag: God gee vrede

Boekevat-Wortelgat-Berg-ABrits.jpgDie Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! (Num 6:26)

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. (Ps 23:2)

Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. (Joh 14:27)

Jesus het tereg gesê dat die vrede wat Hy gee anders is as dié wat die wêreld gee. In die gangbare wêreldse manier van praat oor vrede gaan dit hoofsaaklik oor die beëindiging van oorlog, of minstens ’n wapenstilstand. Dit beteken om uit mekaar se pad te bly, “om vredeswil”. Maar dis nie wat die Bybel met vrede bedoel nie. Om die gevolge van skeuring of vyandskap (bv oorlog of ’n langdurige hofgeding) uit die weg te ruim waar borg nie vrede nie. Bybelse vrede wil die oorsaak van skeuring en vyandskap uit die weg ruim. Bybelse vrede wil juis nie hê dat mense uit mekaar se pad moet bly nie, maar dat hulle eerder na mekaar moet uitreik, mekaar moet omhels.

Vir die Christen beteken vrede heel eerste om die breuk met God te herstel. En hierdie herstelproses begin nooit by die mens nie. Dit is altyd God wat eerste na die mens uitreik. Die voorhangsel het met Jesus se kruisiging van bo na onder geskeur. Dit is God self wat die pad na die allerheiligste, na gemeenskap met Hom, oopgemaak het. Die mens moet wel die aanbod aanvaar, Jesus se kruisverdienste vir homself toe-eien.

Bybelse vrede is versoenende vrede. Wanneer ek by die kruis van Jesus by God inhaak omdat Hy my sonde vergewe het, kan ek ’n vervulde lewe hê. Dit is immers wat die Hebreeuse woord vir vrede (Shalom) beteken. En dit kan net gebeur as ek God se aanbod aanvaar.

Shalom!

Bron:
Nogtans sal ek hoop deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.