Ek het gesê: “Jy is my dienaar,” want Ek het jou gekies. Ek het jou nooit verwerp nie! (Jesaja 41:9b)
God het jóú gekies! Lank voor jy nog ’n klein fetus was, het Hy jou gekies om sy genade te ontvang, sy kind te wees. Hy’t jou sy eiendom gemaak sodat jy in sy hand kan rus, in sy hart kan wandel en sy by-jou-wees daagliks kan beleef.
Miskien is vandag een van daardie dae wat jy dit net weer moet hoor, wat jy moet onthou dat die groot God wat die maan en sterre in hul wentelbaan hou, jou sy eie kind gemaak het. En jy weet hoe naelstring-sterk is die liefde van ’n ma vir haar kind. Hoe sy enige iets vir hom/haar sal doen, alles sal opoffer, altyd in hom/haar sal glo, die beste sal verwag. Hoe sy hom/haar sonder rede en ten spyte van alles liefhet.
Onthou hierdie waarheid wanneer jy soms alleen voel, ontnugter is deur ander, bang is vir wat voorlê, of onseker voel oor jouself en jou toekoms. Onthou dit wanneer jy kwaad is of skuldig voel. Onthou dit veral ook wanneer jy vêr van Hom af voel.
Gaan leef vandag met die vrede-hart-wete dat jy jou Vader se kind is. En dat Hy elke sekonde by jou is – ongeag en ten spyte van!
Vader, soms voel ek so vêr van U. Nie omdat U my gelos het nie, maar omdat ek van U wegbeweeg het. Hou my weer teen u bors sodat ek u hart kan voel klop, asseblief.
Ek is baie dankbaar dat ek op hierdie webblad afgekom het; sal dit graag via die App op my selfoon en rekenaar wil ontvang, maar weet nie hoe om te werk te gaan nie.
Groete!
Dagsê Haniki
Welkom by Maroela Media!
• Teken in op ons daaglikse en weeklikse nuusbrief (http://maroelamedia.co.za/nuusbrief/)
• Klik “like” op ons Facebook-blad (https://www.facebook.com/MaroelaMedia)
• Volg ons op Twitter (https://twitter.com/maroelamedia) of Toeter (http://www.toeter.com/MaroelaMedia/toete)
• Laai ons app af indien jy ʼn iPhone of Android-slimfoon het (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/die-lekkerste-gratis-nuus-app-is-hier/)
Lekker, Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media