Gedagte vir die dag: God het sy eie tyd

sonsondergang_Nathan_Steyn_NZealand.jpg

Foto: Nathan Steyn

Wanneer die tyd daarvoor kom, doen Ek dit. Ek is die Here. (Jesaja 60:22)

Jerusalem is verwoes, sy mure is omgegooi, die tempel is afgebreek en sy huise murasies. Maar God belowe sy volk dat hulle sal terugkeer, ook na Hom. Hy gaan hulle seën en weer ’n groot nasie maak. Ander volke sal Jerusalem van alle kante af binnestroom om handel te dryf en deel te kry aan die voorspoed. Sipresse, platane en denne sal opskiet en welig groei. Goud, silwer, brons en yster sal volop wees. Vrede sal heers.

Jesaja voorspel die terugkeer van die ballinge en die begin van ’n nuwe orde – die Nuwe Jerusalem, die hemelstad wat Johannes in Openbaring ook sien en beskryf. ‘Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig gee nie, snags sal dit nie die maan wees wat oor jou skyn nie: die Here sal vir jou ’n ewige lig wees en jy sal roem in jou God’ (Jes 60:19). ‘Daar sal nie meer nag wees nie,’ skryf Johannes. ‘Die mense het nie die lig van ’n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer’ (Op 22:5).

Die ballinge het Jerusalem wel herbou, maar die stad is weer en weer ingeval. Daar woed vandag steeds verwoestende oorloë. Dit lyk of vrede onmoontlik is. Die Nuwe Jerusalem is ’n droom, ’n vae vooruitsig. Ons raak haastig, ons raak moeg vir die gesukkel, die gehardloop op een plek. Ons is moeg.

Die Here is God. Hy vertel nie leuens nie, maar Hy het sy eie tyd. Ons moet leer om op Hom te wag.

Here, ek is ongelukkig en kwaad. Niks wil uitwerk nie. Dit gaan slegter en slegter in my gemoed ook. Ek bid vir ’n keerpunt, ek beroep my op u beloftes. Leer my om op U te wag.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ans ·

Dit is tog so waar ons is ongeduldig en wil nie wag nie. Ons wil he dinge moet gouer gebeur Ons moet net vertrou op God Hy sal dinge ten goede laat uitwerk. Liefde groete in die naam van Jesus Ans

Eddie Davey ·

Dit is werklik waar, maar ons ongeduldige en dikwels beterwetige natuur laat ons dikwels kwaai ly en stres – Hy sê mos: Moenie jou kwel oor die dag van môre nie … Ek sal vir jou sorg!”.

Wat-ek-lees ·

Ek lees ook die tyd om te sterf in hierdie versie.
Ek en my vrou ry hospitaal toe vir ‘n breinskandering want sy het begin sukkel om dit wat sy wil sê in woorde uit te druk. Op pad sê sy dat sy voel haar strepie is getrek waarop ek toe nie antwoord. Die uitslag is toe breinkanker en twee weke voor haar afsterwe (5 maande later) sê sy aan my: “Ek dink my lewe is verby”. Nou moes ek antwoord en ek sê: “Die Here sal besluit”.
Dus: “Wanneer die tyd daarvoor kom (om te sterf), doen Ek dit. Ek is die Here”.
Ek is dankbaar dat ek hierdie gelees het wat my ook meer berusting gee oor vrae wat gevra word, soos dit vir gelyk het, wat antwoordloos is.

Jaco knoetze ·

Eks bly ekt die stukkie gelees. Ek het probleme in my huwelik, eks tans werksaam in die VSA. Ek soek die HERE terug in my lewe dat hy kan terug bring op die regte pad.

Pastoor ·

Jaco dit is baie maklik. Lees Rom 6.23. Daarna lees jy Mark 16,15 tot 17. Belei jou sondeglo dit maak soos daar staan. Jammer ek kan jou nie direk whatsapp nie. Glo net

SNEL ·

Jaco, dis al klaar wonderlik dat jy n begeerte het om terug te keer na die Here toe, nooi Hom net in en draai weg van die verkeerde goed of manier wat nie volgens Sy Woord is nie, en dan, spandeer tyd in Sy Woord, gebed is hoe ons met God praat, deur Sy Woord te lees praat Hy met ons. Dit klink eenvoudig en dit is, maar dis al hoe ons geestelik staande bly as ons elke dag n GOS-P(I)L sluk om krag te kry…neem die Woord in, swat dit op. Vat een ding, bv dissipelskap (enige topic wat jy meer oor wil weet) en lees elke teks oor dit, Google en kyk wat hulle daaroor sê. Onthou, daar is baie vals profete, meet alles aan God se Woord. Ek weet in n ander land is dit moeilik om kerk toe te gaan, YouTube, Robert Morris, John Bevere, The Bait of Satan, dis preke, musiek Chris Tomlin, Matt Redman. Vul jou met geestelike boodskappe en word verryk. Tree op n slag, dag op n slag, oë op Jesus, valle gebeur, maar moet nie lê (God vergewe altyd), staan op en hardloop met volharding die wedstryd, ons aanbid n liefdevolle God en Sy arms is altyd oop, Hy wag vir jou.

Jaco Knowtze ·

Dis wonderlik om te weet dat daar nog mense is wat bereid is om te help wanneer n vreemdeling probleme het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.