Gedagte vir die dag:  God is aan my kant  

prys_God_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die dag wanneer ek na U roep om hulp, val my vyande terug. Dít weet ek: God is aan my kant. (Psalm 56:10)

Dit kan dalk vir ons vreemd klink dat Dawid beweer God is spesifiek aan sý kant. Is God nie aan almal se kant nie? Wil hy God vir homself kaap? Onthou, as ’n Ou-Testamentiese gelowige die gebooie onderhou, het hy geglo dat sy saak met God reg is. God staan nie by oortreders nie. Ons weer is meer bewus van innerlike sonde ook (gedagtes, motiewe) en voel asof ons maar altyd sonde het. Dan het Dawid ook werklik ’n persoonlike verhouding met God gehad. As skaapwagter, soldaat, sanger, koning – in elke opsig het hy prakties en persoonlik saam met Hom geleef. Hy het met God gepraat, sy inspraak beleef en elke situasie met God in verband gebring: Sy suksesse was God se seën; mislukkings God se onttrekking.

Wat beteken dit vir ons? Wel, in Christus is God beslis aan jou kant. Neem dit gerus maar as ’n absolute persoonlike waarheid. Daar is wérklik niemand meer aan jou kant as die Here nie. Beleef dit elke dag baie prakties.

Troue Vader, ek leef vandag met die wete dat U voluit aan my kant is. Dit maak my sterk. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Saintjordaan ·

God is aan Sy kant, die aarde moet gevul word van Sy heerlikheid Num 14: selfs Jesus Christus se gebed: laat U Koninkryk kom, laat U wil geskied, soos in die hemele net so op die aarde wys dit uit.
Die skepping wag met reikhalsende verlange na seuns – uihosse Jesus Christusse of Davids wat al God se wil sal doen. Dis tyd om God se belange te soek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.