Gedagte vir die dag: God is aan ons kant

ramshoring_stiltetyd.jpg

Foto: charismanews.com

Wag en kyk! Die Here sal in julle plek veg. (Eksodus 14:14)

Die sewende keer het die priesters die teken op die ramshorings gegee. Josua het vir die volk geskreeu: “Gee die kreet! Die Here gee die stad vir julle!” Toe die volk hoor dat die ramshorings die teken gee, het hulle die aanvalskreet uitgeskreeu. Die mure het inmekaargestort. Almal het oorgeklouter, reguit die stad in. Hulle het die stad ingeneem. (Josua 6:16, 20)

Wat het ons nodig om ’n moeilike probleem op te los? Hope geld? ’n Kenner soos ’n dokter, prokureur of professor? Die nuutste tegnologiese toestelle? ’n Skare vriende om ons aan te moedig?

Josua het nie strydwaens, swaarde of ’n enorme weermag nodig gehad om Jerigo binne te val nie. Hy hoef maar net na God te geluister het. Hy het eenvoudig die Here se opdrag uitgevoer. Dit was God se mag – en nie hulle eie inspanning nie – wat hulle die oorwinning laat behaal het.

Ons dink maklik dat ons op ons eie krag kan staatmaak om probleme te oorkom. Ons dink harde werk en die regte keuses is al wat ons nodig het. Die beter keuse is egter om na God te luister. As ons bid, sal Hy vir ons sê wat om te doen. Al wat ons hoef te doen, is om stil te wees, te wag en te kyk hoe Hy in ons plek veg (Eksodus 14:14).

Het jy vandag ’n groot uitdaging wat in jou pad staan? Kom ons vertrou op God om daardie muur in duie te laat stort en jou vyand te trotseer. Sy liefde sal jou presies wys wat om volgende te doen.

Here, u mag en u liefde is aan ons kant. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

FM ·

Amen

Ek wag met verwondering, geduldig en gelowig om DIT te beleef. Ons Here doen meer as wat ons kan bid of dink. GOD alleen kan wat geen mens kan doen nie.

JouPa ·

En nog belangriker , maak seker jy is aan God se kant ,deur gehoorsaam aan Hom te wees en Sy voorbeeld volg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.