Gedagte vir die dag: God is goed

 Kruisskaduwee-in-Mykonos.jpg

Kruisskaduwee in Mykonos Foto: Marianne Styan

God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie? (Romeine 2:4)

Elke keer as ek ’n kruis sien, onthou ek dat Jesus aan die kruis gely het vir al ons sondes. Ek kyk om my rond en verwonder my aan mense. Om te dink dat Jesus vir almal gesterf het, selfs vir rowers en verkragters en moordenaars, vir hulle wat sy Naam gebruik om ander mee uit te skel, vir ongeduldige, woedende mense, vir hartelose wreedaards en skynheilige leue­naars. Ook vir my.

Dan staan ek opnuut verstom voor God se goedheid. Dat Hy wat in die hemel woon, nie van teleurstelling die mensdom met een hou platgevee het nie, is verstommend. Maar God is verdraagsaam en geduldig met ons. Hy weet hoe swak ons sonder Hom is. Daarom het Hy in sy alwysheid en allesomvattende liefde besluit om sy Seun vir ons te stuur. Jesus het ons ook nie alleen gelos nie, maar die Heilige Gees in sy plek gestuur.

Die Gees wat in ons woon, herinner ons daagliks aan God se goedheid, aan Jesus se soenoffer en aan die liefde wat so mildadig op ons uitgestort word.

Here, ek gee my vandag oor aan u genade. Ek wil u goedheid en die bevestiging van u liefde deur Jesus met ander deel. Skep vandag vir my die geleentheid om met iemand wat nog nie weet nie, te kan praat.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hendrik Havenga ·

Mense moet meer hoor en lees wat Jesus vir ons vertel dat sal ons minder oordeel

Floors ·

Baie dankie Maroela vir die pragtige gedagte. Doen dit asb elke dag.

Santjie Stoof ·

En weereens staan ek skuldig.
Dankie vir die gedagte.
Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart, welbehaaglik wees voor U o Here, my Rots en my Verlosser.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.