Gedagte vir die dag: God is heilig

ligtoring_Stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: PIRO4D/Pixabay)

Soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.” (1 Petrus 1:15-16)

Een van God se onderskeidende eienskappe is sy heiligheid. Hierdie woord dui ten diepste op God se andersheid. Sy Goddelikheid is volmaak en verhewe, so totaal teenoorgesteld aan ons eie sondige menswees. ’n Begrip wat met God se heiligheid verband hou, is sy heerlikheid. God se heerlikheid (of glorie) is die sigbaarmaking van sy heiligheid. In die Skrif word God se heerlikheid gesien as die lig wat van Hom afstraal, as sy skynsel, sy glans. Onthou, as God verskyn, kom Hy in ’n helder lig, in ’n wolk, in ’n vlam. Dít is sy glorie!

Hoe raak God se heiligheid en heerlikheid ons? Wel, eerstens moet ons God verheerlik, met ander woorde ons moet sy heiligheid aan die wêreld bekend maak. Dan moet ons self ook heilig word. Dit beteken nie dat ons so heilig soos God kan word nie, maar dat ons heiliger moet word, dat ons meer soos God moet word en minder soos die sonde om ons. Dit – ons heiliging – is waaroor ons geestelike lewe gaan!

Heilige God, help my om u heerlikheid aan die wêreld te wys. Help my ook om heilig te word, soos U heilig is.  Help my om Christusgelykvormig te word. Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Uit myself Here is ek tot niks goeds instaat nie….dankie dat U Die Heilige Gees gestuur het om my te leer en lei…Amen

ameli ·

Amen.
Oor U Heilige Gees binne ons woon daarom moet ons Heilig lewe, meer van U minder van my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.