Gedagte vir die dag: God is hoop

sonondergang_voels_vlieg_stiltetyd.jpg

Foto: kids-myshot.nationalgeographic.com

Sommige situasies Iyk van die begin afhopeloos, maar dit beteken nie daar is nie hoop nie. Al word ons vir die leeus gegooi, is daar nog steeds hoop – hoop op lewe. God is ons hoop, en hierdie hoop beskaam nie. Plaas vandag jou hoop nie op mense nie, maar op die Man wat in ons plek aan die kruis gesterf het.

Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil. (Rom 15:13, Die Boodskap)

Christus is vir almal, ook vir julle. Op Hom kan julle met vertroue staatmaak. (Kol 1:27, Die Boodskap)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

neelsie ·

Ja, soms is die “leeus” die wat naby jou is.
Moenie op prinse vertrou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.