Gedagte vir die dag:  God is in beheer  

boer-diversityreporter_com1.jpg

Foto: diversityreporter.com

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet. (Romeine 8:28)

Daar is sommige dinge waarvan ’n gelowige absoluut seker kan wees. Ons weet byvoorbeeld dat God in beheer is. Selfs wanneer die see rof is, weet ons ’n ongesiene hand is aan die stuur. Ons weet dat God altyd wys is. Daardie wete gee ons die versekering dat daar geen ongelukke is nie; geen foute nie. Niks kan gebeur wat nie moet gebeur nie.

Wanneer ons weet dat God in beheer is, dat Hy met wysheid regeer, dat Hy goeie dinge uit boosheid voortbring, kan ons elke beproewing wat oor ons pad kom met vrede tegemoetloop. Die gelowige kan in die gees van ware onderdanigheid bid: “Stuur wat ook al u wens is oor my pad, Here, solank dit van U af kom.”

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JJ ·

O Heer, vandag bid ek dit u my lewe sal beheer. Ek het dit nou meer nodig as ooit in my lewe. Wys vir my die uitweg en die pad wat ek moet stap. Amen!

Quentin Viljoen ·

Dankie God, vir U leiding en wysheid, wat ALTYD die beste is!

Dorothy ·

Dankie Here! Ek sal by u bly. U was daar wanneer ek u nodig gehad het in die donkerste tye. Amen.

hercu ·

kind van Abba Vader; moenie vasmeer in jou omstandighede nie, maak los daardie toue, laat jou bagasie agter en vaar verder. Jesus is self ook in jou boot en die Heilige Gees jou stuurman!

shalom

ctd ·

As God in beheer is van van die stuurwiel ons lewe kan dit net met ons goed gaan as ons sy wil doen.

Daar le die ding. ·

Kom ons kyk weer na Rom 8:28. Ons weet dat, vir hulle wat God lief het Hy hulle in alles help tot die goeie, vir hulle wat Hy afgesonder het om geroep te word. Daar is n algemene mistassing dat God oor alles in beheer is. Dis nie waar nie. Lees mooi daar staan geskryf slegs “hulle wat vir God liefhet” en “afgesonder het om geroep te word”. Daar moet dus nie ver algemeen word dat God ook oor ongelowiges wat nie will bekeer, en ongelowige regerings in beheer is nie. Dis n keuse, jy kies of God of die wereld. Ek oordeel nie, dit is God se werk maar, let op die voor vereisde. Lees ook Mattheus 9 verse 18 tot 31. Het jy n wonderwerkj nodig doen dan wat Matt: 9 vers 18-31 se.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.