Gedagte vir die dag: God is liefde

Liefde_seesand_Stiltetyd.jpg

Foto: Annelize Brits

Toe sê Dawid vir Natan: “Ek het gesondig teen die Here.” En Natan sê vir hom: “Die Here het jou sonde vergewe: jy sal nie nou sterwe nie.” (2 Samuel 12:13)  

Iemand in ’n gesagsposisie het nie kwytskelding vir sonde nie. Daar is geen spesiale lisensie om onreg te pleeg omdat jy ’n gesagsfiguur is nie. Die persoon moet self ook gesag kan aanvaar en besef dat hy of sy aan ’n Hoër Gesag verantwoording sal moet doen.

Dawid se oë gaan oop. Anders as Saul wat net die gevolge van sy dade gevrees het en nie berou getoon het oor wat hy aan God gedoen het nie, erken Dawid dat hy teen die Here sélf gesondig het en nié teen mense nie. Die Here sien Dawid se hart. En sy vergifnis is volkome.

Dikwels kan die nadraai van sonde nie uitgewis word nie. Hulle is sigbaar daar. ’n Gebroke liggaam as gevolg van dwelm misbruik. ’n Uitmekaargeskeurde gesin as gevolg van huweliksontrou. Afdanking ná oneerlikheid by die werk.

Maar uit die gebrokenheid en berou skep die Here iets nuuts. Hy gee ’n nuwe toekoms aan dié wat hulle voor Hom verootmoedig. Dawid se fokus skuif weg van homself. Die Bybel sê: Daarna het Dawid sy vrou Batseba getroos. Uit die hartseer kom ’n nuwe toegeneentheid en warmte – en ware onselfsugtige liefde.

Die Here wil sy kinders seën. Hy skenk aan Dawid en Batseba ’n seun: Salomo. In 2 Samuel 12:24-25 lees ons: Die Here het hom [Salomo] liefgehad en het hom deur die profeet Natan Jedidja laat noem, wat beteken: “die Here het hom lief.”

Here, dankie dat Ú liefde is. Amen

Bron: Die Here is my Herder deur Lizette Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Connie

So danbaar dat die Here liefde is

FM

Dis voorwaar ‘n ewigheids oomblik om Vader se Goddelike, vergifnis en liefde te ontvang. Amen

Yvonne

Dankie Here vir so n liefde, U genade is vir my genoeg

Louise

Meer as een keer in my lewe het ek aan die verkeerde kant gestaan, en elke keer is ek met genade en liefde geseën.