Gedagte vir die dag: God is ’n verhoudingsgod

Liefde-vir-God

Foto: Collegehumor.com

God het die mens nie hoofsaaklik geskep om die aarde te bewoon en mensdinge te doen nie, maar om ’n verhouding met die Seun te hê. God is ’n verhoudingsgod. Hy stel daarin belang om liefde te gee en te ontvang. Al God se seëninge lê in ’n verhouding met Hom deur Jesus Christus. ’n Verhouding met Jesus is ons belangrikste roeping.

Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang! (2 Petrus 1:3)

Al sou ek die gawe van profesie hê, en sou ek alle geheime kon ontrafel, en al die kennis ter wêreld hê, en al sou ek genoeg geloof hê om berge te verskuif, maar ek kom die liefde kort, sou ek ’n ronde nul wees. En al sou ek al my besittings vir die armes gee en selfs my liggaam opoffer sodat ek my daarop kon beroem, maar ek kom die liefde kort, sou dit my niks help nie. (1 Korintiërs 13:2-3)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.