Gedagte vir die dag: God is nie doof nie – Hy hoor my hart se opregtheid

vrou_bybel_bid_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

As ek kwaad in my hart bedink het, sou die Here nie na my luister nie. Maar God het tog geluister; Hy het my gebed verhoor. (Psalm 66:18-19)

God verhoor gebede. Hy doen dit suiwer uit genade, nie omdat ek dit verdien nie. Maar daar is tog iets waarna Hy oplet, iets wat reg moet wees in mý. Dis opregtheid – dat ek nie vra met sondige motiewe nie. As ek vra met selfsug, wéét die Here dit, want Hy luister na my hart, nie net my woorde nie.

As ek vra met blindekolle, waar ek net my eie behoeftes in ag neem en nie die hele prentjie nie, dan wéét die Here dit. Sulke gebede verhoor die Here nie, want dan sou Hy my sonde beloon.

Daarom moet ek self die een blokkasie in my hart wegvat sodat die Here kan verhoor – en gráág verhoor. Daarom is gebede eers lank saamkuier voordat ek iets vra. In my saamkuier met God maak Hy my oplettend vir sonde en blindekolle. Daarna bid ek anders, en daarna verhoor die Here graag.

Psalm 66:18-19 is ’n loflied, want die digter het reg gevra en God hét toe verhoor.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Dankie genadige. ….Vader U lees my hart waar woorde ontbreek…Amen

Andries

Wil ons die waarheid hoor? Dat kersfees geen Bybelse fees is nie? Dat die Shabbat nie verander het nie? Dat geen jota of tittel weggeval het nie (Matt 5:17ev)?

Dat ADONAI ECHAD nogtans genadig is en verhoor gaan die verstand te bowe!