Gedagte vir die dag: God Is soos ’n vader

twee_mense_stap_sonsondergang_boekvat.jpg

Foto: jorgeschulz.wordpress.com

Gaan na my broers toe en sê vir hulle: “Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is.” (Johannes 20:17)

Ons moet van God praat in metafore, in beelde. Daar is nie ’n ander manier nie, want God is groter as wat ons verstand ooit kan verstaan. ’n Simbool help ons om iets van Hom te begryp. God is soos ’n koning, ’n regter, ’n leëraanvoerder, ’n rots – al hierdie beelde vertel ons iets van Hom!

Die beste beeld van God, egter, waarvoor Jesus ook die liefste was, is dat God soos ’n vader is. Dis eintlik meer as ’n beeld, want God is in elke opsig ook ’n Vader! Wat doen ’n vader? Wel, ’n vader bring sy kinders voort. ’n Vader beskerm sy kinders en voed hulle. Hy lei hulle tot by volwassenheid, hy help hulle om hul skeppingsdoel te vind en uit te leef. Hy bly dan op die agtergrond, altyd gereed om te ondersteun soos dit vir hulle die beste is. Presies só is God! Hy doen elkeen van hierdie dinge vir ons, maar net beter, want Hy is die volmaakte Vader!

Dankie, Here, dat U so ’n wonderlike en volmaakte Vader is. U sorg vir my en lei my! By U is ek veilig. Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Heer U die volmaakte gee om vir my n sondaar, ek ky om my U skepping…..te groot vir my mens verstand…Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.