Gedagte vir die dag: God is vir jou!

Boekevat - Perd in veld - Foto: C Brits

Foto: Christo Brits

Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het. (Filippense 4:19)

’n Bekommerde hart is ’n hart wat die drukkende sorge van die onbekende dra en daaroor tob. Hierdie sorge is nie joune om te dra nie. Waarom laat jy toe dat jou hart so gekwel word? Waarom koester jy ’n spartelende geloof? Bekommernis fokus vandag op môre. Maar wat jy gegee word, is vandag. Die tyd wat jy het, is nou.

Moenie toelaat dat bekommernisse oor môre jou vandag belemmer nie. Wandel liewer in wysheid vir die hede en vertrou God vir elke sekonde van jou toekoms.

Bekommernisse veroorsaak dat jy in vrees op die lewe reageer. Reageer eerder met vertroue in God se wonderlike voorsiening en getrouheid! Wanneer jy dít doen, skud jy die bekommernisse af ten gunste van God se voorsiening en bou jy ’n geloof wat voorbereid is op alle beproewings.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chandre ·

Dankie vir die motivering veral in die tyd. Julle doen great werk.

Loretta ·

Dankie vir blye boodskap, tyd van nood is God altyd teenwoordig, Prys Sy wonderlike Naam. Jesus van Golgota!!

Barne Nortje ·

Ons dien n Groot Almatige God.Prys die Here bir Altyd!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.