Gedagte vir die dag: God kan nie omgekoop word nie

kaapse-wapad.jpg’n Mens kan met God onderhandel, maar ’n mens kan Hom nie omkoop nie. Miskien pla jou gewete jou omdat jy God iets in ruil vir sy ingryping belowe het, maar jy het nie jóú voorwaarde van die transaksie nagekom nie. Die enigste transaksie wat God met ons aangegaan het, was deur sy Seun. Jesus het reeds al die voorwaardes nagekom. God help ons nie omdat ons Hom iets bied nie. Hy help ons omdat Hy wil.

Al wat God van ons vra, is om sy Seun aan te gryp en te gehoorsaam.

Daar kom toe ’n stem uit die hemel wat sê: “Hý is my geliefde Seun, ’n Kind so na my hart.” (Matteus 3:17)

Ek het my lewenspad oordink en het teruggedraai om volgens u voorwaardes te lewe. Ek wil gou maak en sonder versuim u gebooie gehoorsaam. (Psalm 119:59-60)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.