Gedagte vir die dag: God moet aanbid word  

arms_uitgestrek_berg_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. (1 Timoteus 1:17)

Aanbidding is die manier hoe ons God erken as die God van ons lewe. Onthou, God is altyd – na sy wese – werd om aanbid te word. Om Hom nie te aanbid nie, net omdat ek nie so voel nie, of omdat my omstandighede nie lekker is nie, is ’n gruwelike vergryp teen die feit dat God altyd God bly, dat Hy altyd groot en goed is, altyd genadig is. My gevoelens of omstandighede het daarmee niks te doen nie! As ek sy aanbidding weerhou, beteken dit dat ek Hom nie meer as God ag nie. Aanbid dus in alle omstandighede!

Hoe aanbid ons? Aanbidding is om voor God te buig: in ons gebed, in ons lied, in ons lewe. Aanbidding is om aan Hom oor te gee, om te onderwerp. Sê dit vir Hom! Wat van die volgende? Sonder jou af, steek kerse aan (as jy wil – dis net ’n simbool) en luister na ’n aanbiddingslied. Aanbid Hom dan wat jou gemaak het en jou die liefste het!

Ja, Here, U is ’n groot en goeie God! U is mý God en ek buig vandag weer voor U. Ek onderwerp my aan U – gebruik my soos U wil! Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kwikkie12 ·

Ongelukkig ken die nuwe geslag nie hierdie taal nie. Kerke(voor lockdown) is leeg en pubs vol.

Konrad1226 ·

Hi Kwikkie, ek sien ‘n opwaartse neiging onder jong mense wat hulle terug na die geloof wend. Ek dink die teks is moeilik vir jong mense om te verstaan. Ons leef in die tye van die Nuwe Testament waar Christus se woorde selfs in die eerste persoon aangehaal word. God word geloof en geprys maar die woord “dien” is vir die jongeling vreemd. Deur ons prys dien God ons ook. Ons kan net vir jong mense vertel van God se liefde vir ons en dit is die behoefte van die jongeling in sy moeilike moderne bestaan. Hulle kom terug kerk toe maar met ondersteuning van die blye boodskap. En die wete dat dit slegs deur God se genade is maar Sy genade is groot. Met God se liefde wens ek jou nog ‘n geseënde dag toe.

annie ·

…. En waar is Christus in die toneeltjie? Baie mense wat hulself ‘n Christen noem ignoreer Christus se rol in geloof en aanbidding. Katolieke gee meer erkenning aan Sy aardse moeder met beelde van Christus wat steeds aan die Kruis hang… nooit begrawe, nooit opgestaan en opgevaar na die hemele nie. Jode bid tot die Vader en ontken die bestaan van Christus. Ons kan nie ‘n eie teatrale geloof vir onsself skep en dan moet die Vader verlief neem nie. Ek ken jou nie… is seker van die ergste woorde wat ‘n mens seker eendag so kon aanhoor ná manjefieke godsdienstige akrobatiese toertjies.

OW ·

Interessante vraag wat jy vra annie.Ons praat van (een Wese,drie Persone)Dit gaan nie om die woorde nie,maar om die saak.Die evangelie het deur Griekeland na die wêreld gekom wat beteken dat dit Griekse filosofiese begrippe is.As die evangelie deur Afrika suid van die Sahara na die wêreld gekom het,sou ons nie hierdie woorde gebruik het nie.Afrika se tale het nie sulke onderskeidings nie, maar die saak sou dieselfde gebly het.Daar is net een ware God,die God van Israel,maar daar is drie wat op een of ander manier saam hierdie God is.(God die Vader,God die Seun,God die Heilige Gees)

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat U die mens kom wys het hoe is die God wat ons dien…tot in alle ewigheid..Amen

skurweberg ·

Wat van wetgewing wat menseregte bo Bybelse beginsels verhef en Predikante gedagvaar kan word as hy of sy teen huidige gebruike preek??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.