Gedagte vir die dag: God neem jou spanning weg

Biddende_hande_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Lees: Filippense 4:1-9

Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles.  Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen.  En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is. (Filippense 4:6-7, NLV)

Stres, so sê die mense wat weet, laat jou nie net ouer lyk nie, maar ook fi sies ouer wórd!  God wil jou help om jou stres en bekommernis te dra. Die heel beste raad teen stres kan jy in jou Bybel kry.  As jy ’n gelowige is, hoef nie jy nie langer gestres en bekommerd te wees oor dosyne dinge en mense nie.  Dit is so onnodig.  Omdat jy aan God behoort, mag jy al jou stres met Hom deel.  “Bid oor alles,” raai Paulus die Christene in Filippiaan.  En terwyl jy besig is om te bid, kan jy sommer alles wat jy nodig het van God vra.  Net soos jy in al die behoeftes van jou kinders voorsien, sal Hy elkeen van jou behoeftes aanspreek.  Om hierdie rede kan jy, terwyl jy nog besig is om die dinge wat jy nodig het voor God uit te pak, reeds begin om vir Hom dankie te sê vir al die dinge wat Hy vir jou gaan gee.  Sodra jy dit doen, gebeur daar ’n wonderlike ding: God se vrede verdring die spanning wat deur stres veroorsaak word, en hierdie vrede deursuur jou hele lewe.

Moenie langer wag om jou stressors met God te deel nie.  Wanneer jy dit gedoen het, los hulle sommer daar by Hom.  Nou kan jy loshande verder leef met God se vrede wat oor jou hart en gedagtes die wag hou (Fil. 4:7, NLV).

Vader, ek wil nou elkeen van die dinge wat my so gespanne maak met U kom deel.  Ruil hulle asseblief om vir u vrede.  Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Se maar net ·

Die laaste paar jaar sukkel ek verskriklik met my geloof, kom ons se net ek was baie lank laas in die kerk ens. Verlede week was daar ‘n situasie waaroor ek so opgewerk was, ek kon aan niks anders dink nie. Ek was op ‘n punt in trane gewees en op my kniee neergeval en die Here gesmeek. Toe ek daar opstaan, het ek ‘n ongekende kalmte gehad en vir die res van die week nie weer ‘n enkele traan daaroor gestort nie – die Here het gesorg. Partykeer dwing jou lewe tot jou kniee omdat dit die beste posisie is om in te bid !

Dankbare mens. ·

Prys Hom die Almagtige VADER SEUN en HeiligeGees.

Muis ·

Die laaste 6maande was baie erg op my ek het al so gehuil en, gestress, maar vandag plaas ek my stress en bekommernisse op U O Heer want net U kan dit vir my beter maak , ek gaan op my kniee en se dankie dat ek die vrymoedigheid het om te kan vra en te kan bid vir U Groot genade, ek is in afleggings proses en het geen ander uitweg nie geen ander inkomste wat kan opmaak nie en ek vra U O Heer vat my hand en lei my sodat ek weer heel kan opstaan I U Naam alleen AMEN!!!!! Prys die Heer hy is ons verlosser!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.