Gedagte vir die dag: God nooi jou om Hom te volg

IMG_1266.jpgToe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ’n man met die naam Matteus by die tolhokkie sit. Hy sê toe vir hom: “Kom! Word my dissipel!” Matteus het opgestaan en Jesus se dissipel geword. (Matteus 9:9)

Die oomblik wanneer God met jou praat, wil Hy hê jy moet dadelik reageer. Jesus het nie vir die dissipels 30 dae kennis gegee om hulle huishoudings in orde te bring, al die gevolge te oorweeg en dan te besluit of hulle Hom wou volg nie. Hy het gesê: “Volg My.” Hulle het alles laat staan en Hom gevolg. Hoe lank dink jy moet jy wag voor jy op sy uitnodiging antwoord?

Here Jesus, ek wil U volg. Ek wil nie meer vir die regte oomblik wag nie. Ek wil nie meer probeer om eers al my omstandighede agter mekaar te kry nie. U het my lief. Ek het U lief. Ek wil U volg waar U ook al gaan. Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.