Gedagte vir die dag: God nooi jou om te getuig onder die verlorenes

 Kronkelpad_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Maak klaar en gaan na die groot stad Nineve toe! Praat ernstig met hulle, want Ek het hulle slegte lewenswyse raakgesien. (Jona 1:2)

Jona het ’n onmoontlike opdrag van God ontvang. Gaan na ’n vreemde volk se hoofstad, wat in beheer is van die politieke toekoms van jou mense, en vertel vir hulle hoe sleg hulle is. Jona was nie gereed vir hierdie taak nie. ’n Gebrek aan liefde, sy haat en hoogmoed het hom daarvan weerhou om sy opdrag uit te voer. Wat weerhou jou daarvan om Goddelike uitnodigings te aanvaar?

Heerser van die heelal, my eie mense lyk soos Nineve: onsedelik, magsugtig, vol haat teenoor verskillende groepe. God, rig U ’n uitnodiging aangaande die slegte lewenswyse van hierdie nasie? Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Connie ·

Wat God vir Ninevi gedoen het kan hy mos ook vir Suid Afrika doen.

Johan ·

Ja die Here will vir suid Afrika red maar ñ boer plant op ñ sondag wat nie reg is nie daar in Canada moet die boere op sondag stroop en plant anders is die snou op jou hier is dit nie so nie

Beulah ·

Beste Johan. Die 7de dag is ons rusdag. Dit is ‘n Saterdag. Sondag is die eerste dag van die week. Sondae is ingestel deur die Rooms Katolieke kerk. Nie God nie. Die wêreld het van God se rusdag ‘n party braai en ‘n brandewyn dag gemaak. Toevallig? Nee.

Kobus ·

Jip Beula ek stem. Ons volg ook nou die Solar-Lunar kalender wat ook eers later ingebring is en lankal nie meer “Yahweh” se kalender nie. LW nie “Joodse” kalender nie. Ons is so ver vervalle en ons besef nie eers nie. Ook Kers en Paasfees natuurlik verander om by Romeine in te pas. Dit is die vierde gebod!!!! “Kom uit haar uit my mense!!!!!”

Anoniem ·

Ons Here het op die 3de dag, ‘n Sondag, opgestaan uit die dood.

SNEL ·

Ek was al in die Sabbat kerk, liefdevolle en opregte mense. Glo baie in elke woord van EG White. Maar die feit dat hulle so hammer op die Sabbat is hartseer en die 144000 in Openbaring is volgens hulle net mense van hulle kerk wat die Sabbat gehou het. Die 666 volgens hulle is ook die Sabbat wat niemand hou nie en nie n merk waar sonder mens nie kan koop of handeldryf nie. Die Sabbat was die Isrealiete se vryheidsdag as mens dit so kan noem wat in Deut 5:15 gegee was aan hulle om die uittog uit Egipte te onthou. Die Farisiërs het later wette en goed bygelas en daaroor het Jesus in Markus 2:23-28 gesê dat die Sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die Sabbat nie. Jesus wil hê ons moet aan Hom dink en Hy moet die belanrikste vir ons wees, nie die dag nie. Hou op hammer op die dag en wees bly daar is mense wat dieselfde God as jy aanbid en vir Hom lief is en Hom gelukkig wil maak, dien en volg. Die Heilige Gees is daar sodat die Here elkeen kan lei soos Hy ons wil vorm en maak. Die Here soek ons harte, aanbidding, liefde en gehoorsaamheid, as ons kortskiet op gehoorsaamheid sal die Here dit uitsorteer. Ek werk 6 dae en rus Sondae. Hou op ander gelowiges aanval Kolossense 2:16-17. Verskille so is kleinlik. Ons middelpunt ons alles moet die Here wees, nie n dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.