
Foto: pixabay.com
Die Here help almal op wat geval het. Hy ondersteun dié wat bedruk is. (Psalm 145:14)
Die psalmdigter weet dat God daar is vir dié mense wat moeg en moedeloos is; dat Hy die bedruktes ondersteun. Om daardie rede begin heelparty psalms op ’n negatiewe noot, maar aan die einde is die digter weer positief; nie omdat dit reeds beter gaan nie, maar omdat hy vertrou dat God hom sal ondersteun soos in die verlede.
Wanneer jy swaarmoedig en moedeloos is, belowe God dat Hy jou sal opbeur en ondersteun. Vertrou Hom daarvoor.
Iemand wat deur die donkerte van depressie geloop het, het ’n innerlike krag ontwikkel wat van hom ’n wyser mens maak. ~ Marietjie van Rooyen
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Dankie Here vir U groot genade en liefde