Gedagte vir die dag: God op huurkoop

Stroom_Berg_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

Soms klink dit asof mense dink God se dienste en liefde is op huurkoop beskikbaar. Dis asof hulle dink ’n mens moet daaraan afbetaal deur dinge te doen waarvan God sal hou. Min weet hulle dat hulle dit heeltemal mis het! Daar bestaan nie ’n afbetalingstelsel nie, want Jesus het klaar alles betaal.

God doen nie dinge om ons om te koop om vir Hom lief te wees nie. God doen goeie dinge omdat Hy goed is. Hy nooi ons voortdurend om in ’n verhouding met Hom te staan. God is vrylik beskikbaar vir almal wat Hom liefhet.

As jy dors is, kom dan na My toe en drink. Die een wat in My glo – soos die Skrif sê: “Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Johannes 7:37-38)

Wie my woorde hoor en wie vertrou op Hom wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy kom nie in die oordeel nie, maar het reeds oorgegaan uit die dood na die lewe. (Johannes 5:24)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre Swanepoel ·

Baie dankie vir julle stiltyd en gedagte van die dag

neelsie ·

Dankie Riekert.
Die wonder van die natuur laat ons dink al God se geskenke aan ons aan.
Aanvaar God se genade….Jesus red lewens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.