Gedagte vir die dag: God praat om die skuldige aan die lig te bring

Storm_weer_see_rotse_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Die matrose sê toe vir mekaar: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan vasstel wie hierdie krisis veroorsaak het.” Hulle het dit gedoen en Jona is uitgewys. (Jona 1:7)

Net God kan vir jou spesifieke aanwysings gee om sy doel en sy planne tot uitvoer te bring. God het die heidense matrose gebruik om met die ongehoorsame Jona af te reken. As Hy sy plan in ’n spesifieke situasie vir heidene beskikbaar stel, dan kan Hy mos vir jou ook spesifieke aanwysings vir jou lewe gee.

Leier in elke lewensituasie, praat vandag met my. U ken die situasie waarin ek my bevind. Ek erken nou hoe dringend ek U nodig het in elke situasie in my lewe. Ek wag dat U met my praat sodat ek kan uitvind hoe om uit hierdie gemors te kom en U te gehoorsaam en te beleef. Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

JAN, sien jy vra n vraag vir maroela vrinne by die berig; Medelye, Maroela het die kommentaar gesluit. Ons dink partykeer mense is afwesig in hulle optrede en hulp. Ek praat nou van ander Christene, maar ons is deel van die liggaam en elke deeltjie het sy doel. Of iemand nou besoek aflê by tronke of hulle in gebed dra, so doen ons op verskillende plekke en maniere tog n doel. Ek glo tog daar word vir daai boeremagouens gebid. So bid ek van tyd tot tyd vir mense in tronke en wat onskuldig daar is, dan lees ek nou die dag van daai ou in Zimbabwe wat onskuldig in die trok was vir moord en nou vry is en dink, ja dis vir sulkes wat ek al gebid het. So nee, ek glo nie hulle is vergete nie. Ons lees miskien in die nuus nie van hulle nie, maar ek glo tog daar is mense wat op hulle fokus en net vir hulle bid, ander soos ek wat hulle in die algemeen saam met ander opdra. Eintlik is daar so baie hartseer en dinge in die lewe wat gebed en hulp nodig het. As mens net dink aan depressie, selfmoord, die in tronke, wat ontvoer en aangehou word, mense wat gedwing word om goed te doen teen hulle wil, huwelike, dwelmmisbruik, die lys is lank. Ek glo die Here lei ons om te bid en help waar Hy ons nodig het. Ons moet net ja antwoord en help.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.