Gedagte vir die dag: God praat om sy Geesteskrag te openbaar

Arms_uitgestrek_bid_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek is vol van die Geesteskrag van die Here. Regverdigheid en sterkte vul my lewe. Sonder enige vrees sal ek met die mense van Israel praat oor hulle opstand en sondes. (Miga 3:8)

Geestelike waarhede kan slegs deur God geopenbaar word, maar die sonde verblind ons vir God. Die Gees maak ons van ons sonde bewus sodat ons ons lewe by God se werk kan aanpas en sy plan kan sien. Om met die Gees gevul te wees beteken om vol geregtigheid en krag te wees. Hoe het die Gees jou van jou sonde bewus gemaak? Beleef jy God se krag in dit wat jy doen?

Gees van die heilige God, lei my om God se werk te doen en help my om dit met krag en regverdigheid te doen. Gees, slegs as ek u stem hoor, kan ek God in gehoorsaamheid beleef terwyl ek sy werk doen. Kom, Heilige Gees, kom vandag nog na my toe. Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cornelia ·

Amen. Dankie Abba, Vader. In Jesus Naam. Geseënd is die arbeid in U Wingerd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.