Gedagte vir die dag: God praat tydens jou vervolging

man_sonsopkoms_dink_denker_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wanneer hulle julle oorgee, moenie julle bekommer oor wat julle ter verdediging moet sê nie, want die regte woord sal op die regte tyd vir julle gegee word. Dit sal nie júlle wees wat die praatwerk doen nie, maar die Gees. (Matteus 10:19-20)

Dit is nie verkeerd om te beplan nie. Wees net versigtig om nie meer te beplan as wat God wil hê jy moet nie. Laat God jou planne onderbreek of in ’n ander rigting stuur wanneer Hy dit ook al nodig ag. Wanneer jy in ’n liefdesverhouding met God staan, praat sy Gees deur jou. Glo jy dit? Is jy bereid om dit in regte lewensituasies te toets?

Here, gee vir my geloof om elke dag te lewe soos U wil hê ek moet, sodat die wêreld my sal teenstaan. Lê die regte woorde in my mond wanneer die wêreld my teenstaan. Gee vir my ’n belydenis oor U wanneer die wêreld my teengestaan het. Ek behoort net aan U. Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansie Bezuidenhout ·

Goeie dag

Ek geniet die dagstukkies terdee maar die advertensies wat heeltyd aan die regterkant van die skerm flits is ongelukkig baie irriterend.

Lekker dag vir almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.