God se Woord reinig die hart. Die Woord van God handel nie oor wette en regulasies nie, maar ‘n Persoon – Jesus Christus. Hy is die suiweraar van harte. Om te groei in Jesus is om rein te word. Daar is nie ‘n ander soort reinheid of manier om rein te word beskikbaar nie. Net God kan ons reinig.
Hoe kan ‘n jongmens ‘n skoon lewe lei? Deur sy lewe in te rig volgens u woord. (Psalm 119:9)
Die Here se beloftes is suiwer, soos silwer in ‘n oond gesuiwer, wat sewe keer gesuiwer is. (Psalm 12:7)
God se pad is volmaak. Die Here se woorde is betroubaar. Hy beskerm die wat by Hom skuil. (2 Samuel 22:31)