Gedagte vir die dag: God reinig my met sy Woord

man-with-open-arms-705x335.jpgGod se Woord reinig die hart. Die Woord van God handel nie oor wette en regulasies nie, maar ‘n Per­soon – Jesus Christus. Hy is die suiweraar van harte. Om te groei in Jesus is om rein te word. Daar is nie ‘n ander soort reinheid of manier om rein te word beskikbaar nie. Net God kan ons reinig.

Hoe kan ‘n jongmens ‘n skoon lewe lei? Deur sy lewe in te rig volgens u woord. (Psalm 119:9)

Die Here se beloftes is suiwer, soos silwer in ‘n oond gesuiwer, wat sewe keer gesuiwer is. (Psalm 12:7)

God se pad is volmaak. Die Here se woorde is betroubaar. Hy beskerm die wat by Hom skuil. (2 Samuel 22:31)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.