Gedagte vir die dag: God sal genees

See-strand-gras-Nathan-Steyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! (2 Tess 3:16)

Kom ons begin met die pad van genesing. Hoe word ons vry van hierdie seer in ons lewens? Soos ons gesien het, is dit nie ’n maklike pad nie, maar dit is moontlik.

Ons dien ’n wonderlike God. Wanneer slegte dinge met ons gebeur, is ons dikwels in die versoeking om ons rug op God te draai en Hom te blameer vir wat gebeur het. Maar in hierdie tyd van seer het ons egter ons Here die heel nodigste. Hy kan ons genees en weer vir ons sy vrede gee. Ons moet ons harte oopsluit en Hom weer daarbinne toelaat.

Dit is nie iets wat oornag gaan gebeur nie, en moet ook nie ongeduldig met jouself raak as jy voel jy het nog nie volkome genesing bereik nie. Laat God toe om op sy eie tyd in jou hart en lewe te werk en vir jou genesing en vrede te bring. Al wat jy moet doen, is om jou oop te stel vir die wonderlike werking van sy liefde in jou lewe.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.