Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom. (Jesaja 43:19)
Die Here herinner die Jode aan die verlede en aan al die wonders van sy voorsiening. Dan sê Hy hulle moet egter nie net aan die verlede dink nie, maar ook aan die toekoms. Hy gaan iets nuuts doen. Hierdie is ’n vers wat duisende mense al bemoedig het. Ja, ek het self ook ’n datum by hierdie vers in my Bybel geskryf.
Wat die toekoms betref, is ons almal in die duister. Ons weet nie wat môre gaan gebeur nie. Meestal werk dinge anders uit as wat ons gedink het. Die meeste van ons vrese realiseer nooit nie, en die toekoms is in elk geval nie vas nie, want dit word nog gevorm deur ons besluite vandag.
Die Here weet egter wat môre gaan gebeur. Hy weet nie net nie, Hy het beheer oor wat môre gaan gebeur! Hy belowe sy volk dat môre iets nuuts, iets moois sal inhou.
Vat die belofte ook vir jou! In jou eie toekoms sal die Here ook iets nuuts doen.
Dankie, Here, vir die nuwe ding wat U gaan doen. Amen.
Amen
Dankie vir die woord van die Here.
Dankie Jesus ek is gereed.
Wag in spanning!
Hierdie boodskap het my hart geraak en nuwe moed gegee. Dankie.