Gedagte vir die dag: God sal jou ’n nuwe naam gee

ATTACHMENT DETAILS Sonsopkoms2_Uganda_Stiltetyd_Marco-Brits.jpeg

Apoka Safari Lodge (foto: Marco Brits)

Moenie bang wees nie, my dienaar Jakob, Jesurun wat Ek uitverkies het. (Jesaja 44:2)

Hierdie gedeelte van Jesaja 44:2 is uitsonderlik omdat God hier ’n spesiale naam vir sy volk gebruik, naamlik Jesurun. Dit kom net vier keer in die Bybel voor. Jesurun is ’n spesiale naam wat God vir sy volk het, ’n soort eretitel. Uit die oorsprong van die woord (wat beteken “opreg”) kan ’n mens aflei dat God – as Hy hulle só noem – dink aan hulle beste eienskappe, nie hul slegstes nie. Sommige rabbi’s verklaar dat daar op die hoëpriester (die kohen gadol) se borsplaat met die twaalf edelstene gestaan het: Die Stamme van Jesurun.

Dalk moet ’n mens daaraan dink as God se geliefde bynaam vir sy volk; dis in elk geval hoe dit in hierdie vers funksioneer. Daar is ’n teerheid in, nie waar nie? Dink aan die troetelname en mooi byname wat ’n ouer vir sy kind het – dit gee uitdrukking aan sy of haar liefde, dit skep intimiteit en warmte. So praat God met sy volk. Vir my sê dit dat God vir ons, vir jou, ook ’n spesiale naam het. Eendag sal Hy jou so noem!

Dankie, Vader, vir u groot, groot liefde vir my! Amen.

Bron:
In die lig van sy genade deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Werner ·

Baie Dankie vir die wonderlike dag stukkies dit bring my nader aan God en my Liefde vir Hom raak Al sterker God is Goed en Jesus Leef

Dankie Here vir U Liefde

Riaan ·

Kyk gerus na Openbaring 2:17. (Aan die wat die oorwinning behaal) Hy sal jou ‘n wit klippie gee, met ‘n nuwe naam daarop gegraveer, wat niemand anders ken nie, net jy wat dit kry.

Louise ·

Ek wil dankie sê vir die kosbare Woord, dankie vir die troos en hoop wat ek ontvang. Dankie dat ek elke dag met my depressie kan Glo en vashou aan die beloftes van God se Woord. Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.