Gedagte vir die dag: God sal julle verbaas

kinders_hardloop_veld_cannahealth_com.jpg

Foto: cannahealth.com

Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. (Mark 10:14-15)

“Juis vir mense soos hulle.” Hoe is hulle? Kindertjies is ongekompliseerd en weerloos – nie sondeloos nie. Die koninkryk van God is nie gereserveer vir die supersterre, rykes, magtiges en selfgemaaktes nie.

Jesus sê: “Hou op om die kindertjies weg te hou asof hulle nie hier hoort nie. Ek wil hulle sién en hóór! Ek is nie té belangrik of die koninkryk van God té groot asof hulle minderwaardig is nie. Dit is juis húlle wat ontvanklik is. Hulle is nie uit hulle plek nie – inteendeel, om by My te wees, is júis hulle plek. Moenie dink God se bediening en lering is slegs vir volwassenes of gevorderde mense nie. Bring hulle en sien wat God deur hulle kan doen. Hulle sal julle verbaas! Gód sal julle verbaas.”

Here, ek voel soms uitgesluit van belangrike dinge en dikwels sluit ek ander ook uit. Help my asseblief om af te skaal na die eenvoud van ’n kind en nie die opgeblasenheid van pretensie nie.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bennie ·

Baie dankie marula media, dit is ware woorde uit die pen van Riekert.

Nico ·

Wie/wat is jou barometer in die lewe? Dit is die vraag waarmee ek sal waardeer as iemand my mee kan help. My barometer is my geloof.

Wat is jou rigtingwyser tussen wat reg en verkeerd is. Jou intuïsie?

Ek sien dikwels rubriekskrywers se geskrifte, dan wonder ek wat hulle barometer is om dit te skryf wat hulle skryf en hoe hulle dit verwoord.

Hulle hoef nie enige geskrif aan te haal nie, maar is hulle adamant op hul eie rigiede oordeel ingestel – afbrekend in baie gevalle as dit hulle nie pas nie en gaan jy hulle nie anders oortuig nie. Eiewys.

Ons sien dikwels net die een kant van die storie soos hulle verkies.

Hulle veroordeel als wat nie is soos deur hul bril nie. Ek sien dit daagliks as sekere enkeles in die koerante skryf.

Johan Branken ·

Baie dankie,dit is so waar. Ons besef dit nie altyd nie. So baie ‘gesiene’ mense is voorbankers in die Kerk Sondae,kom maandae dan bestaan dit nie meer nie. Die samelewing word siek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.