Gedagte vir die dag: God sal ’n nuwe pad maak

 wildernis_rivier_stroom_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ek maak ’n pad in die woestyn, riviere in die wildernis. (Jesaja 43:19 – Bybel in Afrikaans 1933/1953)

Die Here belowe die Israeliete in Jesaja 43:19 dat Hy iets nuuts gaan doen – hulle moet daarvoor op die uitkyk wees. Hy sê dit sal ’n pad wees in die woestyn, ’n rivier in die wildernis. Hoekom gebruik Hy hierdie beeld? Wel, Hy het hulle so pas herinner aan die keer toe Hy hulle uit Egipte in Kanaän ingebring het – deur die woestyn. Hy kan dit weer doen vanuit Babilon – weereens deur woestynagtige gebied. Daar is egter ook ’n geestelike betekenis. In die ou tyd het daar mos nie paaie deur die woestyn bestaan nie. Die wildernis was onbegaanbaar. Maar God sal ’n pad maak! Eweneens was die woestyn baie droog – gebrek aan water is immers wat dit ’n woestyn maak. Nogtans sal God sommer ’n hele rivier laat loop.

Ek en jy mag nie sê dat ons geen pad sien of dat die pad onbegaanbaar is of dat daar nie langs jou pad voorsiening is nie. Nee, God sien ’n pad al sien jy niks. Daar sál ’n pad wees, water wees, kos wees; daar sal alles wees wat jy benodig! Stap maar …

Ek vertrou U, Here, vir vandag en vir môre. Amen.

Bron:
In die lig van sy genade deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Genieve ·

Amen.Dankie Here dat u altyd vir ons n weg maak wat niemand kan doen nie.Dankie vir u woord.

Phillip Horn ·

Hoe wonderlik en ondeurgrondelik is ons God nie in sy almag en genade nie. By Hom is alles moontlik, in ons elkeen se woestynreis maar ook in elke volk en nasie se woestynreis. Daarom vertrou ek op God. Dankie vir hierdie pragtige en sielsvoedende oordenking.

Liezl ·

Sjoe, ja, dit is fantasties dat Hy altyd daar is vir ons. Al draai ons weg van hom, al is ons besig met ons eie dinge. Hy dra ons!!! Wees geseënd vandag, Hy gee ons genoeg genade vir vandag. Môre is weer ‘n nuwe dag, dan neem Hy ons verder op ons lewensreis!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.