Gedagte vir die dag: God sal vergewe en vergeet

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

Tog is dit Ek wat jou opstandigheid vergewe. Ek dink nie meer aan jou sondes nie. (Jesaja 43:25)

In die Ou Testament het die mense baie meer gereken op God se genade as wat ons dalk dink. Hulle het geglo God ken die mens, Hy weet dat hy feilbaar is; dat God nie vir ewig vir sy volk kwaad sal bly nie, al het hulle oortree. So het hulle sy genade verstaan. Die Nuwe-Testamentiese perspektief is dat God se genade in Jesus Christus nog veel groter is. In elk geval, God sê hier in Jesaja 43:25 die Jode se sonde is nou vergewe.

Dan lees ons iets moois: God “dink nie meer aan hulle sonde nie”. Dit laat ons die vraag vra: Wat gebeur as ons nooit meer aan iets dink nie? Dit vervaag in ons gedagtes, nie waar nie? Ja, ons vergeet mettertyd … Sien jy? God “vergewe en vergeet” – nie letterlik nie, maar op grond van sy keuse. Vergifnis is om te besluit om nie weer aan ’n oortreding te dink nie. So het God eenvoudig besluit om nie meer aan jou sonde te dink nie. Hy wil net nie. Hou jy nou maar ook op om daaraan te dink.

Here, dankie vir u vergifnis! Amen.

Bron:
In die lig van sy genade deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ansa ·

Dankie vir die boodskap oor vergifnis ek glo aan vergifnis wil net graag weet as mens n persoon vergewe en hy doen die ding weer en weer.Hoe nou gemaak? Ek meen as mens sonde gedoen het laat staan mens dit tog mens gaan nie elke keer terug en doen dieselfde sonde oor nie.Ek praat van ontrouheid in huwelik .Dankie ??

Dries ·

Ek glo ons moet bereid wees om iemand weer sy sonde te vergewe en dit nie teen die persoon te hou nie, maar dit beteken glad nie mens moet ontrouheid in die huwelik gelate bly aanvaar nie. Daar is ‘n groot verskil, indien mens ‘n huwelik sou beeindig weens ontrouheid beteken nie, dat ‘n mens so ‘n persoon nie sy of haar sonde vergewe nie. GOD se self as iemand owerspel pleeg mag mens die huwelik beeindig.

magda ·

Bid net en hou aan bid.sals als van hom tot as hy slaap..as ek se als bedoel ek sy kar sy klere als….God sal n wonderwerk doen los dit vir Hom….sterk wees..

Ai ·

Ansa, jy kan herhaaldelik vergewe vir verneukery (Efesiers 4:32) want God vergewe ons herhaaldelik.

Of jy kan die persoon skei.
Let wel om nie Egbreuk (Egskeiding) te pleeg nie, is een van die Tien Gebooie so dis baie ernstig in God se oe maar in die Nuwe Testament (Matteus 5:32, 19:9) se dit dat “rondlopery” n geldige uitsondering vir egskeiding.

Jy kan die persoon vergewe maar onthou die persoon het teen God ook gesondig en sal dus God ook moet vra vir vergifnis as hy/sy rerig berou het.

Hoop dit antwoord jou vraag, maar gaan altyd na die Bybel toe want die Bybel se presies als wat jy nodig het om te weet. Sterkte.

C ·

N Mens moet erg berou he oor sy sonde en n 380 grade ommeswaai in jou lewe maak , nietmin sal jy die prys betaal vir die skade wat jy veroorsaak het, maar jy sal n goeie les leer en saam met God die pad stap.

Ansa ·

Baie dankie vir almal van julle wat vir my raat gegee het.Ek het die sterkte so nodig baie dankie Ek raak net party dae moedeloos.??

Siesa ·

En wat as jy siektes optel van sy rondlopery? Hy gaan nie verander nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.