Gedagte vir die dag: God sal vir jou ’n toekoms gee

kinders

Foto: Argief.

Ek sal my Gees uitgiet op jou kinders, my seën op jou nakomelinge. (Jesaja 44:3)

God belowe aan sy volk ’n toekoms. Nie ’n toekoms daar in Babilon nie – alhoewel Hy daar ook by hulle was – maar ’n toekoms in hul eie land. Kom ons sê net eers dat ons so dikwels dink hierdie deurmekaar en vreemde wêreld is ons land. Nee, dit is nie! Ons is op pad na die ewige Kanaän. Ja, Hy is met ons in hierdie Babel en soos die Jode van ouds kan ons ons vestig, huise bou, kinders kry en ons uitleef. Ja, ons geniet ook wat hierdie land vir ons bied, want ons mag en ons moet. Maar ons harte weet dat dit nie ons permanente tuiste is nie. Iewers gaan die oproep kom en gaan ons na ons ware tuiste, by Hom. Dis nou die eintlike toekoms wat vir ons wag!

Die profeet sien ’n toekoms in Kanaän wat wonderlik sal wees, een waarin God se Gees uitgestort sal word (“op alle vlees”, sê ’n ander profeet) – selfs op die kinders. Dit beteken ook die kinders sal die Here dien. Dis wonderlik! Bid dit asseblief ook daagliks vir jou kinders.

Here, ek bid dat my kinders U sal dien, selfs hulle kinders. Dis my hartewens. Amen.

Bron:
In die lig van sy genade deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lena Jonk ·

Ja ouers laat ons gereeld vir ons kinders bid daar is soveel verkeerde dinge wat net vir hulle wag om te doen. Wanneer die Christelike fondamente gele word sal die meeste jongmense daarop voortbou. Die moderne neiging om so sosialisties te wees oor die wereld dink ek na my mening is teen God se wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.