Gedagte vir die dag: God sal voorsien

Berg_wolke_landskap_ReintDykema.jp

Foto: Reint Dykema

“Ons het nou wel die hout en die vuur,” sê die seun, “maar waar is die lam vir die offerande?” “God sal die lam voorsien, my seun,” antwoord Abraham. So het die twee verder gestap. “Moenie die seun kwaad aandoen nie!” sê die engel. “Nou weet Ek dat jy regtig vir God dien, want jy het selfs jou geliefde seun nie van My weerhou nie.” (Genesis 22:7, 8, 12)

Toe God vir Abram die opdrag gee om sy enigste seun te gaan offer, het sy wêreld in duie gestort. Isak was sy lewe. Isak was die kind wat God belowe het, en nou kom terugeis. Natuurlik kon hy dit nie verstaan nie. Maar weer ’n keer gehoorsaam Abram God se opdrag. Daardie saamloop van pa en kind na die offerberg kan nie met woorde beskryf word nie. Dis die pad van langsame verlies. Hoe kry ’n mens dit reg?

Wanneer Isak vir sy pa vra waar die offerdier is, lyk dit of Abram in ’n hoek gedryf is. Maar nee, hy stuur die vraag vir die Here en antwoord sy seun: “God sal voorsien.” Dit is volkome Godsvertroue. En inderdaad het God toe voorsien. Nie alleen het Hy Abram se offerbereidheid erken nie, maar ’n offerdier voorsien. Die wins van verlies? Dat God altyd voorsien.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elke Janse van Rensburg ·

Ek wil amen sê op dit! Na ons meisiekind se dood was en is daar nog baie moeilike dae. Maar dis só mooi gestel: die wins van verlies ís werklikwaar dat God voorsien.
Baie dankie vir vanoggend se stukkie. Mag dit seên bring vir baie.

Pine ·

Was in moelike situasie. Verlossing gekry vanoggend nog voor ek die stukkie gelees het. GOD voorsien.
AMEN. Glo GOD om te voorsien.

Anoniem ·

God sal altyd vir Sy kinders voorsien. Ook vir ons hier in Suid-Afrika.

Michelle ·

Dankie Here dat ek weet U gaan voorsien want waar ek nou sit het alles donker gelyk. Amen

Alta ·

Ons Vader voorsien elke dag ons daaglikse brood wat ons vra…net genoeg wat ons nodig het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.