Gedagte vir die dag:  God se bewaring

woestyn_voetspore_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. (Habakuk 3:19)

Net so rats en seker soos ’n ribbok van krans tot krans spring, net so kan jy die hoë plekke van die lewe aandurf in die wete dat God sy kinders bewaar. Hy wil ook vir jou elke dag die krag aanbied wat jy nodig het en jou in gevaarsituasies bewaar.

As daar weer gevaartye in jou lewe kom wanneer dit vir jou voel of jou voete wil gly, hou gerus aan God vas en getuig saam met die psalmdigter: Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here (Psalm 94:18).

Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. ~ Psalm 121:7

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.