
Foto: pixabay.com
U het my gebed verhoor! Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente, U in die volle vergadering prys. (Psalm 22:22-23)
Die psalmdigter getuig dat God sy gebed verhoor en hom uit sy nood gered het. Hy onderneem voorts om in sy gemeente oor hierdie redding te praat, en God voor die hele gemeente te prys.
By God is daar altyd hulp en troos. Sy bystand is só seker dat jy, soos die psalmdigter, kan aanvaar dat jou gebed reeds verhoor is, terwyl jy nog besig is om te bid. Maak seker dat jy vir God in jou gemeente erkenning gee nadat Hy jou gehelp het.
Gebed is nie maar nog een van die krukke wat my staande moet hou nie, dit is die bene waarop ek staan. ~ Johan Smit
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Dankie Jesus.
Dankie Here vir u genade,goedheid en guns.
Amen.