Gedagte vir die dag: God se genade

reenboog_perde_veld_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Dink aan die liefde en trou, Here. (Psalm 25:6)

Dink ’n bietjie na oor God se genade. Dit is ’n sagte, liefdevolle aanraking. Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hul wonde. Dit is ’n groot genade. Sy genade is soos Hy self; dit is oneindig. Sy genade is so groot dat dit groot sondaars se groot sondes vergewe. En dan stort Hy groot seën en voorregte op ons uit en gee vir ons vreugdes in die grootse hemel van die grootse God. Dit is onverdiende genade.

Verdiende genade is net ’n ander woord vir geregtigheid. Ons verlossing het niks te doen met ons verdienstelikheid nie. God se genade is die enigste rede daarvoor. Dit is ryke genade. Dit hef ons gees op en streel ons wonde. Dit is oorvloedige genade; die voorraad word nie uitgeput nie. Dit is net so vars  en vol soos altyd. Dit is onfeilbare genade. Dit sal jou nooit verlaat nie.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Dankie Here vir al U genade. Dankie Here dat U in ons lewens is. Amen!

Swanna ·

“SY” genade is groot. Ons kan maar net elke dag dankie sê .

piet ·

die here is besig om met my n pad te stap en ek sien al hoe meer sy genade as daar iemand vandag is wat moedeloos is bly asb glo die uitkoms is naby dankie here vir al u genade ek kan beslis daarvan getiug ek prys u naam

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.