Gedagte vir die dag: God se goedheid duur lewenslank

boer-windpomp-plaas-reint-dykema-11.jpg

Foto: Reint Dykema

Waarlik, sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer. (Ps 30:6)

Lees Psalm 30

In Psalm 30 ervaar die psalmdigter swaarkry as God se woede teen hom. Tog bely hy dat hierdie “woede” meestal net ’n kort rukkie duur, maar dat God se goedheid lewenslank bly. In die NKJV lui hierdie teksvers so: “His anger is but for a moment, His favor is for life; Weeping may endure for a night, But joy comes in the morning.”

God kan steeds trane in vreugde verander. Mense wat aan God behoort, kan aan hierdie belofte vashou in swaarkrytye. God se genade en liefde vir hulle duur lewenslank. Alhoewel die nag van swaarkry vir ’n kort rukkie kan voortduur, het hulle die versekering dat vreugde altyd in die môre op hulle wag.

Die psalm bevat ’n pragtige troosboodskap vir almal wat swaarkry: die God in wie óns glo, kan ’n troostelose situasie handomkeer verander. Onthou, as dit nag raak in jou lewe, is God besig met jou. Jy voel wel die vibrasie van God se woede, maar sy genade sal dit spoedig weer in ’n vreugdelied verander. As dit op die oomblik baie swaar met jou gaan, kan jy solank aan ’n manier begin dink hoe jy jou swaarkry van die oomblik kan gebruik sodat God daardeur verheerlik kan word.

Hemelse Vader, ek loof U vir u liefde en genade wat ’n leeftyd aanhou. Help my om aan hierdie liefde vas te hou wanneer dit nag word in my lewe, en dankie vir die ver sekering dat vreugde weer vir my in die môre sal wag. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Aletta ·

Amen!!
Dankie Here Jesus!!! U goedheid en liefde oorweldig my!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.