Gedagte vir die dag: Geniet God se goedheid    

IMG_1266.jpg“Gooi die net daar regs van die skuit uit. Daar is vis,” kom dit van Jesus se kant af. Hulle maak toe so. Die net was toe so vol vis dat hulle dit nie in die skuit kon kry nie. Dit was te swaar vir hulle. (Johannes 21:6)         

Petrus was lus vir visvang. Daarom is hy en ’n paar van die ander dissipels op die Meer van Tiberias in die hoop om ’n paar vissies vir aandete te vang. Wat ’n teleurstelling vir die honger manne toe hulle met sonsopkoms nog nie één vis gevang het nie. Tot Jesus vir hulle sê wat hulle moet doen. Ewe skielik skeur hul nette van al die vis! Boonop wag Jesus hulle op die land in met ’n gesellige vuurtjie waarop ’n vissie reeds braai. Hoe heerlik bederf Hy hulle nie!

Wanneer ons harte ingestel is op die leiding van die Gees en ons doen wat Hy ons vra, gee God ook in oormaat. Dan skeur die nette van ons lewens omdat dit oorloop van sy seën.

Wees gehoorsaam aan God se stem en jy sal verras wees oor die heerlike vuurtjies-van-genade wat Hy in jou lewe laat brand.

Dankie, God-van-goedheid, vir die oorloop-genade in my lewe!

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.